Our website uses necessary cookies to enable basic functions and optional cookies to help us to enhance your user experience. Learn more about our cookie policy by clicking "Learn More".
Accept All Only Necessary Cookies
Kinderrympies icon

2.0 by SMART GECKO SOFTWARE DEVELOPMENT (PTY) LTD


Oct 6, 2018

About Kinderrympies

The collection favorite nursery rhymes with colorful

Die versameling gunsteling-kinderrympies met kleurvolle illustrasies is pret vir peuters en kleuters. Hierdie app is spesiaal ontwerp om jong kinders te stimuleer en te help ontwikkel.

Hompie Kedompie

Hompie Kedompie sit op die wal,

Hompie Kedompie het afgeval.

Die koning se soldate

probeer al wat hul kan,

maar Hompie Kedompie bly plat

soos 'n pan.

Skitter, skitter, kleine ster

Skitter, skitter, kleine ster,

wat is jy so hoog en ver?

Aan die lug se vêrste rand

soos 'n helder diamant.

Klein Sarie van As

Klein Sarie van As

sit en smul op die gras

aan heerlike pap met stroop.

Maar daar kom 'n spinnekop,

en Sarie spring vinnig op

en sê: “Dit is tyd dat ek loop!"

Karalie! Karool!

Karalie! Karool!

Die kat speel viool,

die koeitjie spring dwarsoor die maan,

die hondjie die lag

met al sy mag,

en die skottel en lepel dans saam.

Hierdie klein varkie

Hierdie klein varkie gaan na die mark.

Hierdie klein varkie bly tuis.

Hierdie een het heerlik gesmul.

Hierdie een is vreeslik gekul.

En hierdie klein varkie huil:

whie-whie-whie!

al die pad na sy huis.

Klein Kosie Kramer

Klein Kosie Kramer

smul in sy kamer

aan 'n heerlike vrugtepastei.

Hy druk toe sy duim in

en kry daar 'n pruim in

en sê: "Dis te heerlik vir my."

Die muis en die klok

Rakketak, takkerak, tok,

die muis hardloop op teen die klok.

Die klok slaan kabam!

Die muis skrik hom lam.

Rakketak, takkerak, tok.

Marie, Marie, Jannewarie

Marie, Marie, Jannewarie,

wat groei daar in jou tuin?

Klokkies en slakkies en meisietjies fyn,

mooi madeliefies en sneeuwit jasmyn.

Baa, baa, swart skaap

Baa, baa, swart skaap,

het jy baie wol?

Ja, baas, ja, baas,

drie sakke vol:

Een vir Jan Salie

en een vir sy ma,

en een vir die baba

wat van koue kla.

Slaap kleine babatjie, bo in die boom

Slaap kleine babatjie, bo in die boom.

Slaap kleine babatjie sonder te droom.

As die wind waai, sal die babatjie swaai,

maar as die tak breek, lê hy onder die boom.

Eendjies, eendjies

Eendjies, eendjies staan in 'n ry

een twee drie vier

stap hul verby.

Lings regs, lings regs,

kyk hoe mak.

Reguit am toe

kwak, kwak, kwak.

Wielie Walie

Wielie, wielie, walie,

die aap sit op die balie.

Tjoef, tjaf daar val hy af.

Wielie, wielie, walie.

Kiepie Kiepie

Kiepie,Kiepie, kom tog gou

hier is lekker kos vir jou.

Maar dan moet jy vir my sê

waar jy tog jou eiers lê

Die apie

Daar's 'n apie op 'n stokkie

Voor my ma se agterdeur,

Daar's 'n gaatjie in sy broekie

En sy stertjie loer daardeur.

Oom Olifant

Oom Olifant

jou reuse dier,

die mense lag

vir hul plesier.

Want waar het jy

al ooit gehoor

van 'n stertjie van agter

en 'n stertjie van voor?

Slaap, Kindjie, slaap

Slaap, Kindjie, slaap,

daar buite loop 'n skaap,

'n skaap met spierwitte voetjies,

hy drink sy melk so soetjies.

Slap, Kindjie, slaap.

Handjies Klap

Handjies Klap,

koekies bak.

Bring die meel,

nie te veel.

Klits die eiers gou-gou.

Lekker eet ons netnou

Paddatjie, Paddatjie

Paddatjie, Paddatjie

wat maak jy daar?

Kwaak-kwaak-kwaak

kwaak-kwaak-kwaak

daar op 'n blaar.

Hier kom die eendjies

uit onder die brug.

Paddatjie skrik so

hy val op sy rug.

Babatrein

Tjoeke-tjoeke-paf,

Tjoeke-paf-paf-paf.

Kyk hoe ry ek op die babatrein.

Opdraand op,

afdraand af.

Tjoeke-tjoeke-paf,

op 'n stywe draf.

Wippie en Snippie

Wippie en Snippie loer uit by ‘n gaatjie.

Wip is ‘n muisie en Snip is sy maatjie.

“Wippie en Snippie, daar kom die groot kat!”

Woerts is die muisies weer terug in die gat.

What's New in the Latest Version 2.0

Last updated on Oct 6, 2018

Minor bug fixes and improvements. Install or update to the newest version to check it out!

Translation Loading...

Additional APP Information

Latest Version

Request Kinderrympies Update 2.0

Requires Android

4.0.3

Show More

Kinderrympies Screenshots

Comment Loading...
Subscribe to APKPure
Be the first to get access to the early release, news, and guides of the best Android games and apps.
No thanks
Sign Up
Subscribed Successfully!
You're now subscribed to APKPure.
Subscribe to APKPure
Be the first to get access to the early release, news, and guides of the best Android games and apps.
No thanks
Sign Up
Success!
You're now subscribed to our newsletter.