'n Voorskoolse Program wat Persepsie, Inkleur, Geheue en Wiskunde inoefen.
Die Park is 'n voorskoolse Program wat skool gereedheid inoefen. Die Park dek drie ouderdomsgroepe: 3.5 - 4, 5 en 6 jaar. Ouderdom spesifieke doelwitte vir elke vaardigheid word ook verskaf wat leiding aan ouers en onderwysers gee.
Persepsie het drie ouderdoms vlakke vir Kleure en Vorms, Soek my en Vang my as jy kan .
Inkleur bestaan uit 3 ouderdomsvlakke met 4 inkleur metodes : Verf, Waar is ek kleur, Teken met stippels en Teken en nommers. Daar is 10 prente per ouderdomsvlak.
Geheue het 3 ouderdomsvlakke met verstelbare spoed waarin kaarte gepaar moet word.
Wiskunde het 3 ouderdomsvlakke en ontwikkel die konsepte Gelyk aan, Minder en Meer.